By die Volle Evangelie Kerk staan ons deure oop vir mense uit alle arreas van die samelewing, ongeag waar hulle op hul geloofspad is.
Ons werk almal saam om die kerk te word wat in die Bybel uiteengesit is, een wat fokus op relevante prediking, opregte aanbidding, opregte vernootskappe, daaglikse gebed en medelye met behoeftiges.
Kortom, ons wil ‘n aansteeklike soort Christendom hê wat die hele wêreld, een lewe op ‘n slag, sal beïnvloed.
Om met entoesiasme Krugersdorp te bedien met die doel om die Volle Evangelie Kerk Krugersdorp Wes ‘n gemeente te maak waardeur God altyd verheerlik sal word.